Sport Achievements

Uitstaande Rugby Prestasies in die laaste 5 jaar:

2016 O/16 NWU Puk Wenners
2017 O/15 Virseker Beker Semi-finaal
2017 O/15 NWU PUK Wenners
2018 O/16 Virseker Beker Kwartfinaal
2019 O/14 Virseker Beker Kwartfinaal
2019 Eerste Span Virseker Beker Kwartfinaal
2019 Onder 14 NWU PUK Wenners
2019 Eerste Span NWU PUK Wenners

Uitsonderlike Spelers op Provinsiale / Nasionale Vlak:

Gerrie Engelbrecht - Blou Bulle,Valke en Nasionale Sewes Rugby
Jannie van der Walt - Lions Currie Beker en Super 12 Speler
Phillip Lemmer - Vrystaat, Leeus, SA Nasionale Speler. Tans die Leeus se Assistent Afrigter
Thabo Ndimande - SA O/19 Speler (2019)

Laaste 5 Jaar:
Grant Khomo Spelers:

Thabo Ndimande (2016)
Ntokozo Jiyane (2018)
Wian Faurie (2018)

Cravenweek Spelers:

Thabo Ndimande (2017,2018)
Lucas Mdudli (2019)

Valke Sewes:

Thabo Ndimande (2016,2017)
Wian Faurie (2018)

Gedurende 2019 het die O/19A, O/15A sowel as die O/15B-spanne die Easterns Platinum Liga gewen.

Beide die O/19A en O/15A-spanne het deur gedring na die Gunn & Moore semifinaal uitspele, waar Hoërskool Hans Moore teen Hoërskool Waterkloof gespeel het.

Die O/19A, O/15A en O/14A-spanne seëvier met oorwinnings teen onderandere Hoërskool Kempton Park, Marais Viljoen, Helpmekaar, Monument, Menlo Park en vele meer.

Hoërskool Hans Moore het ‘n 106 wedstryde gespeel en ‘n algehele wen persentasie van 74% behaal.

Die volgende spanne het puik presteer:
19A – 82%
19C – 83%
15B – 100%
15C – 83%


Hoërskool Hans Moore het in 2019 ook vele provinsiale spelers opgelewer:

Adrian De Vries (Easterns O/19A)
Juandré Johnson (Easterns O/17A en SA O/17A Groep)
Donovan du Randt (Easterns O/17A)
Amaan Khan (Easterns O/17A)
Wikus Arnott (Easterns O/15A)
Tennant Watson (Easterns O/19B)

Die onderstaande spelers het ook uitgeblink gedurende 2019:

Juandré Johnson (Meeste 100 talle in een seisoen – nuwe rekord)
Wikus Arnott (Meeste lopies in die Easterns Platinum Liga)
Kayle De Ascensão (Meeste paaltjies in een seisoen – nuwe rekord)

Ten spyte van ‘n verkorte 2020 krieketseisoen, behaal Hans Moore puik prestasies. Die O/19A span het in die Wes-Kaap, goeie oorwinnings behaal teen skole soos Paarl Gimnasium, Boland Landbou, en Stellenberg.

Al ons spanne het in die eerste kwartaal oorwinnings behaal teen skole soos Menlo Park, Midstream College, St. Benedicts, Zwartkop, Pietersburg en Uplands College.

Beide die O/19A en O/15A spanne het die voorreg gehad om weereens aan die Finsbury Super Reeks deel te neem. Albei spanne bou voort op hul oorwinnings om die bepaalde afdelings te wen vir 2020.

Die onderstaande spelers het ook presteer gedurende 2020:

Juandré Johnson (Easterns Senior Akademie, kontrak ontvang)>
(KSA O/19A Titans Groep)>
(Kolf gemiddeld van 50+ lopies)
Donovan du Randt (Easterns Senior Akademie Groep)
(KSA O/19A Titans Groep)
Warren Minnaar (Kolf gemiddeld van 50+ lopies)

*As gevolg van die Covid-19 pandemie, is die seisoen verkort en daar was ook geen liga of provinsiale proewe nie*

SAVOF (Suid Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie) hou ‘n jaarlikse uitklop kompetisie. Jy kan maandeliks deelneem om jou posisie op die ranglys te verbeter. By die Junior-afdeling moes jy onder die Top 20 eindig en ‘n total van 8 kompetisies deur die jaar gehengel het, om te kwalifiseer vir die finaal. Daar word ‘n halfeindstryd gehou op die Saterdag, waar jy onder die Top 10 moet eindig om die Sondag, in die finaal te hengel.

Jordan du Plessis het dertiende op die jaarlys gelê en is genooi na die halfeindstryd. Hy het ‘n sewende plek behaal en is toe deur na die finaal. Ons is baie trots op Jordan, hy behaal ‘n algehele tweede plek in die 2020 O/19 Junior Afdeling.