Hans Moore Sport
  • Krieket

    Krieket by Hans Moore word op die hoogste vlak gespeel.

    Die skool spog met ‘n lang reeks van oorwinnings.

    Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer.

    Die volgende spanne word elke jaar in die veld gestoot: 1ste, 2de en 3de span, asook O/15A, O/15B, O/14A, O/14B.


    Hans Moore Atletiek



  • Hengel

    Hans Moore het in 2018 Hengel as 'n skoolsport aanvaar. Daar is 'n Liga waaraan die skool deelneem. Die ligawedstryde vind op Sondae by die bepaalde bestemming plaas. Daar is leerders wat al provinsiale kleure verwerf het in die sport. Deelname is volop. Hans Moore het tans 5 hengelspanne wat aan die ligawedstryde deelneem. Daar is buite-afrigters wat kursusse aanbied om die leerders te leer van dié interessante en kompeterende sport. Beginners en meesters is welkom by die sport.

    Hans Moore Atletiek

  • Hokkie

    Ons skool spog met 5 spanne. Hans Moore se hokkie het in laaste paar jaar met ongelooflike sukses gegroei.

    Al 5 ons spanne speel in die Puk reeks en ons neem ook deel in die Medium skole hokkie liga in "Easterns", dit beteken dat ons kragte meet teen Brandwag, Stofberg, Die Anker ens.

    Ons spanne toer gereeld en ons 1ste span neem jaarliks in die St Dunstans Festival deel. Hans Moore hokkie is 'n trotse familie en ons streef almal om wenners te wees.





  • Netbal

    Hans Moore se netbal bied aan elke netbaldogter die geleentheid om nodige vaardighede te ontwikkel om haar volle potensiaal te bereik en ook te kan benut.

    Soos ons leuse sê: ‘GLO STREEF EN WERK’. GLO elke afrigter om ‘n netbaldogter te ontwikkel en te help tot die beste van hul vermoë. STREEF ons daarna om die beste spanne te hê en ver te vorder in elke kompetisie waar ons deelneem. Ons verwag dat elke netbaldogter hard sal WERK om die beste speelster te wees en saam met die span en afrigter te WERK.

    Ten spyte van die feit dat Hans Moore baie min dogters het, het ons al verskeie presteerders in hierdie sport opgelewer. Toere en netbal kursusse word jaarliks plaaslik onderneem.

  • Golf

    Hoërskool Hans Moore neem deel aan die Oos Gauteng Golf Liga in die A, B en C Afdeling.

    Daar is tans vier spanne en die leerders vaar besonders goed.

  • Ringbal

    Ringbal is 'n offisiële skool sport.





  • Rugby

    Hans Moore is soos enige Suid-Afrikaanse skool baie gefokus op rugby as ‘n sportsoort.

    Die skool se spanne speel jaarliks in verskeie groot skole ligas. Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer. Hans Moore akkommodeer elke leerling wat belangstel om rugby te speel.

    Hans Moore het A, B en C spanne.


    Hans Moore Atletiek

    Hans Moore Atletiek
  • Tennis

    Kom kry oefening, raak van al jou spanning ontslae…
    Het jy wat dit vat om ‘n Moorie Tenniswenner te wees?
    Kom wys jou staal!!!!!

    BEGINNERS OF TENNISKENNERS – ALMAL WELKOM!!!



    • Ons het tans 4 seunspanne en 1 meisiespan en ‘n totaal van ongeveer 40 entoesiastiese spelers wat die vaardighede van die spel bemeester.

    • Twee dae ‘n week is ons op die bane met ‘n professionele afrigter om ons beginners die tegnieke van die spel te leer en ons gevorderde spelers se spel te verfyn.

    • Elke week gaan ons ook vir kondisionering by die Moorie gimnasium waar ‘n professionele biokinetikus ons fiksheid en krag verbeter.

    • Tans neem ons aan die Oos-Gauteng Liga in die tweede kwartaal deel en speel ook ‘n verskeidenheid vriendskaplike wedstryde.

    • Oefeninge vind op Northmead se bane plaas en die spelers word per bus na die bane vervoer. Die onus is op die ouers om hul kinders 16:30 daar op te laai.

    • Die tennisseisoen strek van Februarie tot Junie.


    Win with grace, lose with dignity.








  • Muurbal

    Muurbal word aktief by die skool beoefen.

    Die skool het reeds in die verlede verskeie uitstaande prestasies behaal en het al ‘n aantal provinsiale spelers opgelewer.

    Aangesien die skool nie oor sy eie bane beskik nie, maak ons gebruik van Benoni Country Club se bane wat maar ‘n klipgooi ver is.

  • Swem

    Swem is 'n offisiële skool sport sedert 2010. Die doelwit van die sport is nie net om leerders die kans te gee om liggaamlik te ontwikkel nie maar het ook ten doel om vir leerders 'n belangrike lewensvaardigheid aan te leer. 'n Kultuur van gesonde kompetisie deur kompeterende sport is uiters belangrik in die ontwikkeling van 'n goed afgeronde, jong volwassene.


  • Atletiek en Landloop


    ATLETIEK:


    Dis al algemene kennis dat ons, Hans Moore, ‘n skool is waar balans gehandhaaf word. Ons verseker dat elke Moorie die geleentheid kry om ‘n atleet te wees.

    Daar heers jaarliks ‘n onmiskenbare gees wanneer die Interhuis, met al sy tradisies aangepak word. Die laaste item van die dag is altyd die hoogtepunt omdat die onderwysers die seniors uitdaag tot ‘n aflos.

    Ons neem jaarliks deel aan vriendskaplike massa byeenkomste en die Interhoër, waar ons teen sewe buurskole deelneem, is altyd hoendervleis mooi, nael byt naby en beslis een van die hoogtepunte van enige skooljaar.

    By Hans Moore verseker ons dat atlete met die potensiaal om professioneel deel te neem, bloot gestel word aan nasionale byeenkomste soos Top 15 in Bethal, TUKS Top 10 en NWU-Pukke Top 30. Die Uitsig-Aflos byeenkoms verseker ook dat ons aflos atlete die geleentheid kry om teen die beste van die bestes te kompeteer wat van so ver as die Kaap af kom om deel te neem.

    Ons neem jaarliks ‘n gemiddeld van 30 en 40 atlete na Distrik kampioenskappe (D17) toe, ‘n gemiddeld van 10 atlete na Provinsiale kampioenskappe (Gauteng) en tussen 2-5 atlete na Nasionale kampioenskappe (SA ’s).

    Hans Moore beskik oor top afrigters en selfs ‘n biokinetikus wat seker maak dat ons atlete goed gekondisioneer is. Die biokinetikus help selfs met voorkoming en behandeling van beserings.

    LANDLOOP:


    By die Moorie-landloop span eintlik een, groot familie. Die Moories sweet, huil, lag en presteer almal saam. Die seisoen skop gewoonlik af met ‘n 4x2km aflos byeenkoms, wat sorg vir groot pret, gesonde kompetisie, en die ontwikkeling van talente. Hierdie byeenkoms bied die Moorie spanne die kans om mekaar uit te daag voor hulle deelneem aan vier liga ’s wat Distrik-, Provinsiaal-, en Nasionale kampioenskappe insluit.

    Ontmoet ons Hoof Afrigters:

    Me S Kemp Spiesgooi
    ASA vlak 1
    Provinsiale afrigter
    Mnr JH Smit Hekkies
    ASA vlak 1
    Mnr W Behr (Buite afrigter) Gewigstoot en Skyfwerp
    ASA vlak 1
    Nasionale en Provinsiale afrigter
    Mnr R Luyt Verspring
    ASA vlak 1
    Mnr R Lewis Hoogspring
    ASA vlak 1
    Nasionale en Provinsiale afrigter
    Spanbestuurder by Provinsiale byeenkoms
    Me M Pitout Kortafstande
    ASA vlak 2
    Nasionale en Provinsiale afrigter
    Mnr F Davis Middel- en langafstande
    ASA vlak 1
    Nasionale en Provinsiale afrigter

  • Skaak

    By Hans Moore speel ons skaak in samewerking met die onderwys department in die Ekhuruleni Noord Distrik.
    Die distrik het 6 "clusters" en Hans Moore speel in die Benoni 'cluster'.

    Gedurende 2021, sal die skaakliga slegs aanlyn gespeel word. Leerders sal dus moet registreer op Lichess https://lichess.org/
    Die skool sal hiermee help.
    Die liga bestaan uit twee afdelings:‘n Liga vir individuele spelers en ‘n spanliga

    1. ‘n Liga vir individuele spelers


    O/15 speel op 27/2
    O/18 speel op 6/3
    ‘n Span wat bestaan uit individuele spelers van verskillende skole word gekies na die Individuele toernooi.
    Hierdie spanne sal aan die Gauteng toernooi deelneem.

    2. Spanliga


    Die spanliga sal in Kwartaal 2 gespeel word.
    Hierdie toernooi sal ook aanlyn plaasvind en op 1 dag gespeel word.
    Die twee wenskole se spanne sal dan deurgaan na die Gauteng toernooi.

    PRESTASIES


    Ekurhuleni-Noord Skaak distrik finaal:
    Tremayne Neves wen die seuns O/15 finaal en vorder na die Gauteng uitspele toe.
    Christelle Maritz dogters O/18 en Liandri Bothma dogters O/15 eindig in die Top 10.