hans moore 2017
Hoërskool Hans Moore
MENU
BESTE TEGNIESE Hoërskool in Gauteng – 2015 & 2016
Nasionale WENNERS van die kykNET Revue Kompetisie - 2016
sport

Sport

rugby

Rugby


Hans Moore is soos enige Suid-Afrikaanse skool baie gefokus op rugby as ‘n sportsoort.

Die skool spanne speel jaarliks in verskeie groot skole ligas. Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer. Hans Moore akkommodeer elke leerling wat belangstel om rugby te speel.

Hans Moore het A, B en C spanne.

rugby players
krieket

Krieket


Krieket by Hans Moore word op die hoogste vlak gespeel. Die skool spog met ‘n lang reeks van oorwinnings.


Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer.


Die volgende spanne word elke jaar in die veld gestoot: 1ste, 2de en 3de span, asook O/15A, O/15B, O/14A, O/14B.

atletiek en LandLoop

Atletiek en LandLoop


Hans Moore neem jaarliks deel aan 2 groot atletiekbyeenkomste naamlik Intertegnies en Super Interhoër.


Die atlete word deur professionele afrigters afgerig.

netbal

Netbal


Ten spyte van die feit dat Hans Moore baie min dogters het, het ons al verskeie presteerders in hierdie sport opgelewer.


Toere en netbalkursusse word jaarliks plaaslik onderneem.

tennis

Tennis


Hans Moore het ‘n liga tennisspan
in elke ouderdomsgroep wat aan verskeie
liga’s deelneem.

fietsry

Fietsry


Hans Moore is een van die min skole in die omgewing wat fietsry as ‘n skoolsport aanbied.

Ons het al verskeie junior en senior fietsryers opgelewer wat vir welbekende spanne soos Mr. Price ry en al deelgeneem het in verskillende dele van die land. Ons maak voorsiening vir padfietse sowel as bergfietse.

fietsry en sonskuin
muurbal

Muurbal


Muurbal word aktief by die skool beoefen.

Die skool het reeds in die verlede verskeie uitstaande prestasies behaal en het al ‘n aantal provinsiale spelers opgelewer.

Aangesien die skool nie oor sy eie bane beskik nie, maak ons gebruik van Benoni Country Club se bane wat maar ‘n klipgooi ver is.

muurbal vroumens
gholf

Gholf


Hoërskool Hans Moore neem deel aan die Oos Gauteng Golf Liga in die A, B en C Afdeling. Daar is tans vier spanne en die leerders vaar besonders goed.

skaak

Skaak


Hoërskool Hans Moore neem aktief deel aan verskeie skaakligas.


Ons voel sterk oor die intellektuele ontwikkeling van ons leerders en moedig hulle dus aan om aan hierdie stimulerende sportsoort deel te neem.

Die skool is ook trots om te kan sê dat ons al verskeie provinsiale spelers opgelewer het.

skaak foto
swem

Swem


Swem is ‘n offisiële skoolsport
Ons neem jaarliks aan die Interhoër en verskeie gala’s deel en ons het ook alreeds twee provinsiale swemmers opgelewer

Hans MooreHoekom onsKontak ons
AlgemeenSport PrestasiesPrestasiesSport
KultuurFotosPersoneel