Kultuur Prestasies - 2017

Die Hoërskool Hans Moore van Benoni het met die louere in die kykNET NOU Revue 2016-Kompetisie weggestap met hul aanbieding Daar is ‘n tyd – There Is a Time. In 2017 word hulle as naaswenners aangewys.

Baie geluk aan Me. Ve Botha en haar Graad 10 en 11 'PUBLIC SPEAKING' spanne wat uitstekend gevaar het in die Gauteng Inter-Skole 'Public Speaking' Liga! Die uitslae was as volg:

Individueel: Voorbereid
Johnathan Beardsley - 1ste Plek

Individueel: Onvoorbereid
Jade Maasdorp - 1ste Plek
Henco van Nieuwenhuizen - 2e Plek
Johnathan Beardsley - 4e Plek

Span Uitslae:
Johnathan Beardsley, Jade Maasdorp, Kian Strydom en Vincent Dickerson - 1ste Plek (A++)
Henco van Nieuwenhuizen, Francois van Wyngaardt, Varnu Govender en Heinrich Basson - 3e Plek (A+)

Esmi van Wyk het aan die ATKV Landswye Finaal kompetisie te Worcester gaan deelneem. 

Kultuur Prestasies - 2018

DIE HANS MOORE MUSIEKSKOOLLEERDERS PRESTEER



Die Hans Moore Musiekskool se leerders o.l.v Dr. Marita Badenhorst het oudergewoonte puik presteer tydens hul Musiekteorie-eksamens van Unisa. Die musiekskool spog met twee leerders op die Unisa-Ererol vir uitblinkers met gemiddelde van 95% en meer.

Net ‘n handjievol leerders regoor Suid-Afrika spog met hierdie prestasie!!

Die leerders is Simoné du Toit (98%) en Tersia Crafford (95%).

Afgesien van hierdie puik prestasies slaag 15 leerders hulle eksamens met lof en 4 met eervolle vermelding, terwyl 8 kandidate ook die eksamens met goeie gevolge aflê.

Die res van die onderskeidingskandidate:
Charlize Muller (89%)
Devlin Breedt (88%)
Danica Hough (88%) 
Stephen Hill (88%) 
Esmé Raaths (87%)
Cailin Breedt (86%)
Brandon Potgieter (86%)
Ilanka van Eeden (85%)
JP Swart (84%)
Daniel Mearns (83%)
Ethan-Sean Hullyer (81%)
Natalie Coetzer (80%)
Amoré Groenewald (80%)