Kultuur

Culture

   Afrikaanse Public Speaking

By H/s Hans Moore is daar elke kwartaal ‘n interne redenaarskompetisie. In die eerste kwartaal word ‘n interne voorbereide, asook interne onvoorbereide kompetisie gehou om te bepaal wie aan die ATKV redenaarskompetisie sal deel neem. Verder word daar interne onvoorbereide redenaarskompetisies in die tweede, derde en vierde kwartaal gehou. Die doel hiervan is om leerders skerp te hou en hulle die geleentheid te bied om te groei en gemaklik te raak met publieke voorlewing.


   English Public Speaking

Net soos die afrikaanse redenaars is daar ook elke kwartaal ‘n interne engelse redenaarskompetisie by H/s Hans Moore. In die eerste en derde kwartaal word ‘n voorbereide kompetisie aangebied en in die tweede en vierde kwartaal is die kompetisie onvoorbereid. Leerders kry ook die geleentheid om aan talle kompetisies deel te neem, soos die Gauteng Public Speaking League, asook die Moot Competition, aangebied deur die Universiteit van Pretoria.


   English Debate

H/s Hans Moore het verskeie engelse debat spanne (onder leiding van Me V Botha) waarvan engelse en afrikaanse leerders deel is. Hierdie spannne neem deel aan talle kompetisies regdeur die jaar.


    Eistedfod

By H/s Hans Moore glo ons daarin om ons leerders kreatief te stimuleer word leerders die geleentheid gebied om aan sekere kunswedstryde deel te neem. Die volgende kunswedstryde word erken deur die skool :

  • Allergretto
  • Kempton Kunswedstryd
  • Oosrandse Kunstefees
  • NEA Kunsvereniging
Inskrywings word deur die skool gedoen nie die leerders.


    Choir

Koor word ook as ‘n aktiwiteit by die skool aangebeid en is ‘n aktiwiteid wat reg deur die jaar oefen. Hierdie is ‘n aktiwiteit wat nog nuut is by die skool en wat daarna mik om vir die gemeenskap op te tree.


   Revue

Die skool bied elke tweede jaar ‘n volle revue vertoning in die middel van die jaar aan. In ander jare neem die skool deel aan verskeie revue kompetisies. Die leerders kry eerstehandse ervaring van die wêreld van uitvoerende kunste deurdat daar van professionele choreograwe, klank –en beligtimgsingenieurs gebruik gemaak word. Hierdie aktiwiteit leer leerders wat toewyding is, asook dissipline en selfvertroue. Hierdie is die grootste revue aktiwiteit by H/s Hans Moore en voorwaar ‘n hoogtepunt vir leerders. Leerders begin al vroeg in die eerste kwartaal oefen.


    Christmas Carols

Hans Moore vier jaarliks die komende Kersgety op ‘n gepaste wyse met ‘n Kerssangdiens. Die Moories sien dit as ‘n geleentheid om hul dank te betuig en eer te bring aan God vir nog ‘n wonderlike en geseënde jaar. Daar word ook gedink aan diegene wat die afgelope jaar geliefdes aan die dood afgestaan het deur ‘n herinneringsboom.


   Grade 8 Concert

Hierdie aktiwiteit bly vir elke Moorie ‘n onvergeetlike gebeurtenis. Die doel van die projek is om gr. 8’s in te burger, maar dit is ook ;n groot vuurdoop vir die nuutverkose VRL, aangesien hulle verantwoordelikheid neem vir die konsert. Die leerders verbaas die kykers jaarliks met ‘n puik produksie wat getuig van inisiatief en oorspronklikheid.



DIE HANS MOORE MUSIEKSKOOL



Die Hans Moore Musiekskool is in 2007 gestig . ‘n Klompie leerders het kom vra of Dr. Badenhorst nie vir hulle kitaarlesse wil gee nie, aangesien sy ‘n doktorsgraad in musiek het. Wat begin het as ses ywerige kitaarspelers het gegroei tot ‘n klomp toegewyde musiekleerlinge wat van regoor Benoni wat hier by Hans Moore kom musiek neem. Deesdae is dit nie snaaks om seuns en meisies te sien wat met kitare, keyboards of ‘n stapel klavierboeke op pad is na die musiekklas om die note te tokkel nie! Selfs die rugbymanne maak tyd vir ‘n bietjie musiekmaak en tot frustrasie van ‘n paar rugbyafrigters, maak die manne klokslag verskoning om te gaan kitaar oefen! Volgens baie van hulle is dit “ ’n halfuur waarin hulle net weer lekker ontspan en van al hulle probleme vergeet”!

Dis darem nie net ontspannend om musiek te neem nie-daar word gewerk ook! Daarvan getuig die toekennings wat die Hans Moore Musiekskool jaarliks wen vir die prestasies wat die leerders behaal tydens die Unisa praktiese en teoretiese eksamens. Die Musiekskool het onlangs vir die 12de agtereenvolgende jaar ‘n spesiale toekenning van Unisa ontvang vir musiekteoriegemiddelde bo 80%! Verlede jaar se gemiddeld was 89%!

Die Musiekskool skryf ook gereeld die meeste leerders in vir die Unisa praktiese en teoretiese eksamens in die Oosrand. Jaarliks presteer die Musiekskool se leerders ook by verskeie kunswedstryde soos Allegretto waar die Musiekskool se leerders reeds vier maal as landswye wenners aangewys is.

Die Hans Moore Musiekskool het ook in 2014 ‘n internasionale wenner opgelewer toe Mitch Pearson in Amerika tydens The ACE International Student Convention as wenner aangewys is. Hy is juis een van die leerders wat van ander skole by Hans Moore kom aanklop vir kitaarlesse.

Kortom by die Hans Moore Musiekskool lewe elke sy talente uit, word hard gewerk, musiek met oorgawe gemaak en glo ons :

COOL KIDS LUISTER NIE NET MUSIEK NIE- HULLE MAAK DIT OOK!!!!