SPORTSOORTE
GOLF
Hoërskool Hans Moore spog met bo-baas golf spelers. Die Moories neem deel aan die Oos Gauteng Golf Liga in die A, B en C Afdeling.
HENGEL
Hans Moore bied Hengel as 'n skoolsport aan. Die ligawedstryde vind op Sondae by die bepaalde bestemming plaas. Hans Moore het tans vyf hengelspanne wat aan die ligawedstryde deelneem. Daar is leerders wat al provinsiale kleure verwerf het in die sport. Daar is buite-afrigters wat kursusse aanbied om die deelnemers te leer van dié interessante en kompeterende sport.
HOKKIE
Alle spanne speel in die Puk reeks en neem ook deel in die Medium skole hokkie liga in "Easterns" - dit beteken dat ons kragte meet teen Brandwag, Stoffberg, Die Anker ens.
Ons spanne toer gereeld en ons 1ste span neem jaarliks in die St Dunstans Festival deel.
KRIEKET
Krieket by Hans Moore word op die hoogste vlak gespeel. Die skool spog met ‘n lang reeks van oorwinnings. Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer. Die volgende spanne word elke jaar in die veld gestoot: 1ste, 2de en 3de span, asook O/15A, O/15B, O/14A, O/14B.
LUGGEWEER
Luggeweer is ‘n kompeterende sport waar luggewere en lugpistole gebruik word om op teikens te skiet. Noukeurigheid, snelheid en die tipe wapen wat gebruik word is belangrik.
Daar is vier klasse in luggeweer namens Veer klas, Sporter klas, Presisie klas en Pistool klas,
Waar elke skut drie posisies uit oefen: Lê, kniel en staan.
MUURBAL
Muurbal word aktief by die skool beoefen. Die skool het reeds in die verlede verskeie uitstaande prestasies behaal en het al ‘n aantal provinsiale spelers opgelewer. Aangesien die skool nie oor sy eie bane beskik nie, maak ons gebruik van Benoni Country Club se bane wat maar ‘n klipgooi ver is.
NETBAL
Hans Moore se netbal bied aan elke netbaldogter die geleentheid om die nodige vaardighede te ontwikkel om haar volle potensiaal te bereik en ook te kan benut. Ten spyte van die feit dat Hans Moore baie min dogters het, het ons al verskeie presteerders in hierdie sport opgelewer. Toere en netbal kursusse word jaarliks plaaslik onderneem.
RINGBAL
Ringbal is 'n tradisionele Suid Afrikaanse sport wat sedert 1907 beoefen word. Hierdie sport word deur seuns en dogters gespeel en bestaan uit spanne van 9 spelers. Ringbal word meestal op binnehuise bane gespeel. Ringbal is 'n hoogs gedisiplineerde sport.
RUGBY
Hans Moore is soos enige Suid-Afrikaanse skool baie gefokus op rugby as ‘n sportsoort. Die skool se spanne speel jaarliks in verskeie groot skole ligas. Deur die jare is verskeie provinsiale spelers al opgelewer. Hans Moore akkommodeer elke leerling wat belangstel om rugby te speel.
Hans Moore het A, B en C spanne.
LANDLOOP
Die landloop seisoen skop gewoonlik af met ‘n 4x2km aflos byeenkoms, wat sorg vir groot pret, gesonde kompetisie, en die ontwikkeling van talente. Hierdie byeenkoms bied die Moorie spanne die kans om mekaar uit te daag voor hulle deelneem aan vier liga ’s wat Distrik-, Provinsiaal-, en Nasionale kampioenskappe insluit.
SKAAK
By Hans Moore speel ons skaak in samewerking met die onderwys department in die Ekhuruleni Noord Distrik. Die distrik het 6 "clusters" en Hans Moore speel in die Benoni 'cluster'. Die liga bestaan uit twee afdelings:‘n Liga vir individuele spelers en ‘n spanliga
SWEM
Swem is 'n amptelike skool sport. Die doelwit van die sport is nie net om leerders die kans te gee om liggaamlik te ontwikkel nie maar het ook ten doel om vir leerders 'n belangrike lewensvaardigheid aan te leer. 'n Kultuur van gesonde kompetisie deur kompeterende sport is uiters belangrik in die ontwikkeling van 'n goed afgeronde, jong volwassene.
TENNIS
Hans Moore het tans 4 seunspanne en 1 meisiespan en ‘n totaal van ongeveer 40 entoesiastiese spelers wat die vaardighede van die spel bemeester. Twee dae ‘n week is ons op die bane met ‘n professionele afrigter om ons beginners die tegnieke van die spel te leer en ons gevorderde spelers se spel te verfyn. Elke week gaan ons ook vir kondisionering by die Moorie gimnasium waar ‘n professionele biokinetikus ons fiksheid en krag verbeter. Tans neem ons aan die Oos-Gauteng Liga in die tweede kwartaal deel en speel ook ‘n verskeidenheid vriendskaplike wedstryde. Die tennisseisoen strek van Februarie tot Junie.
TWEEKAMP
Tweekamp is ‘n sportsoort waaraan alle ouderdomme kan deelneem ( vanaf 9 tot 80 jaar)en bestaan uit hardloop en swem. Die hardloopitem vind om ‘n atletiekbaan plaas. Die afstande wissel van 800m tot ‘n 1000m vir dogters en van 800m tot 2000m vir seuns. Tweekamp leer ‘n kind baie selfdissipline en deursettingsvermoë wat in enige situasie enige persoon tot voordeel strek. Dit dien ook as ‘n baie goeie basis vir enige ander sport ten opsigte van fiksheid.
ATLETIEK
Hans Moore verseker dat elke Moorie die geleentheid kry om ‘n atleet te wees. Ons neem jaarliks deel aan vriendskaplike massa byeenkomste en die Interhoër, waar ons teen sewe buurskole deelneem. Daar word jaarliks ‘n gemiddeld van 30 en 40 atlete na Distrik kampioenskappe (D17) toe, ‘n gemiddeld van 10 atlete na Provinsiale kampioenskappe (Gauteng) en tussen 2-5 atlete na Nasionale kampioenskappe (SA ’s). Hans Moore beskik oor top afrigters en selfs ‘n biokinetikus wat seker maak dat ons atlete goed gekondisioneer is. Die biokinetikus help selfs met voorkoming en behandeling van beserings.